The Oval (Londen)

Hierdie artikel handel oor die krieketveld in Londen. Vir ander gebruike sien die dubbelsinnigheidsbladsy The Oval.
The Oval
Bynaam Kia Oval
Ligging Kennington, Londen, Engeland
Koördinate 51°29′1.4″N 0°6′54″W / 51.483722°N 0.11500°W / 51.483722; -0.11500
Eienaar Hertogdom Cornwallis
Operateur Surrey County Cricket Club
Kapasiteit 25 500
Oppervlak Gras
Konstruksie
Gebou 1845
Huurders
Surrey (1846–hede)
Corinthian-Casuals (sokker; 1950–1963)

The Oval, ook genoem die "Kia Oval" weens borgskapredes, is 'n bekende internasionale krieketstadion in Kennington, Londen, Engeland. Dit het ook voorheen as "Kennington Oval" bekend gestaan.[1]

The Oval se oorlosie

"The Oval" is die tuisveld van die Surrey County Cricket Club. "The Oval" was die eerste veld in Engeland en die tweede ter wêreld (ná die Melbourne-krieketveld in Australië) om toetskrieket aan te bied. Engeland se nederlaag teen Australië op 29 Augustus 1882 en die spottende reaksie van Australië het tot inrigting van Die As-kompetisie tussen albei nasionale krieketspanne gelei, wat sedertdien al om die twee jaar uitgespeel word. The Oval is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. In 2009 is die veld vir die IKR se WêreldTwintig20 gebruik. Daarbenewens het The Oval wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied.

  1. (en) "Kennington Oval". ESPNcricinfo. Besoek op 12 Desember 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search